Dneska je čtvrtek, 25.04.2024, svátek má Marek, venku je 3°C, 156 online
TV 07:33:23
a | b | c | D | e | f | g | h | i | j | k | l | m | n | o | p | q | r | s | t | u | v | w | x | y | z | 0-9
Die Heuwels Fantasties - Die Heuwels Fantasties (2009) - Pille vir Kersfees

Pille vir Kersfees
Die Heuwels Fantasties
Die Heuwels Fantasties (2009)

Dis snaaks hoe hierdie gebou
Sy arms om my en jou kan toevou
Terwyl die elektriese wolk kombers
Kom sweef oor die platberg en
Ons veilig vashou
Om die brandstigting te aanskou

Ek soek pille vir kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see
Nie kan genees
Maar wie soek pille vir kersfees?
Hang af by wie se huis ek gaan wees
'n Prys promosie fenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

Alomteenwoordig,
Jou naasbestaande eis
Verdraagsaamheid,
Maar tree oorbodig op
In hierdie tyd van samesyn
Stralejakker, spyseniere, bacchus en al sy vriende

Ek soek pille vir kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see
Nie kan genees
Maar wie soek pille vir kersfees?
Hang af by wie se huis ek gaan wees
'n Prys promosie fenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

As jou tuiste is
Waar jou hart is
Wat wil dan hier uitbreek uit my borskas uit
Geneties gelaai om te ontsnap
Die plasma wat spoeg
'n Wemelende massa te veel skade aangedoen

Ek soek pille vir kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see
Nie kan genees
Maar wie soek pille vir kersfees?
Hang af by wie se huis ek gaan wees
'n Prys promosie fenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

videoklip

videoklip

Hodnocení

1/52/53/54/55/5
0 hlasů
průměrná známka: 0/5

Text přidal/a

text přidal(a)
Přidej i ty svuj názor!
 přidat komentář Přidat komentář  zobrazit všechny komentáře Vypsat všechny


Všechny texty jsou chráněny autorskými právy jejich vlastníků a jsou poskytnuty pouze pro vzdělávací účely.
Pro více informací o autorovi tohoto textu navštivte tyto stránky.